Publication: iafrica.com Issued: Date: 2002-01-21 Reporter: Editor:

Shabir Shaik weer in die Hof

 

Publication  iafrica.com
Date 2002-01-21
Web Link www.iafrica.com

 

Schabir Shaik, ‘‘n kontrakteur wat gebie het in Suid-Afrika se multi-miljard-rand wapentransaksie, verskyn vandag in die Durbanse Streekhof.

Hy is verlede jaar op borg van R1 000 vrygelaat nadat Kabinetnotules waarin Suid-Afrika se wapentransaksie bespreek is, sowel as korrespondensie tussen die Departemente van Openbare Ondernemings en Verdediging na bewering in sy besit gevind is. Shaik word aangekla van die diefstal van die dokumente, en van ‘‘n oortreding van die Wet op die Beskerming van Inligting.

Shaik se broer, Shamin Chippy Shaik, was die hoof van aankope van die Departement van Verdediging toe sy broer in hegtenis geneem is. Hy is intussen geskors omdat hy na bewering vertroulike inligting onthul het aan ongemagtigde ontvangers, sonder toestemming en in stryd met die Verdedigingswet.

Intussen het Chippy Shaik beloof om die bevindinge van ‘‘n ondersoek deur die Departement van Verdediging uit te daag waarin hy skuldig bevind is aan die oortreding van die Wet op Verdediging.

Shaik het gister gesê dat hy appèl sal aanteken teen enige negatiewe bevindings in die ondersoek wat verlede Vrydag aan die verdediginsekretariaat en die Minister van Verdediging Mosiuoa Lekota oorhandig is.

With acknowledgement to www.iafrica.co.za.