Wat is Korrupsie |
Publication | Advokaat Reg |
Date | 2003-09-01 |
Reporter |
Johan van Zyl |
Korrupsie het węreldwyd ‘n effe wollerige sambreelterm geword vir haas enige bedorwenheid deur openbare ampsbekleërs wat Jan Alleman snuf in die neus laat kry. Volgens prof. Nikos Passas van die Temple-universiteit in Philadelphia, Amerika, beskou navorsers korrupsie in wese as die magsmisbruik van ‘n openbare amp vir persoonlike gewin - regstreeks of onregstreeks, byvoorbeeld vir die party, organisasie of maatskappy waar die individu werksaam is.
Voorbeelde is omkoopgeld, ongeoorloofde politieke bydraes, onwettige uitbetalings, bedrog, stemkopery, magsmisbruik en troubreuk, wanbesteding van belastingbetalers se geld en botsende belange.
Nog oortredings wat ‘n ondersteunende rol speel omdat dit wanpraktyke en die verwerwing van onwettige opbrengste vergemakilik of neerkom op die toesmeerdery van ‘n aanvanklike misdaad, is die instandhouding en gebruik van geheime fondse, hulp en bystand romdom misdadige praktyke, sameswering, rekeningkundige oortredings, die vervalsing van dokumentasie en geldwassery.
Met erkenning aan Johan van Zyl en die Advokaat Reg.