De Lille Sal Nie Voor Hefer Getuig |
Publication | Die Burger |
Date | 2003-10-15 |
Reporter |
Verslagspan |
Web Link |
Bloemfontein - Me. Patricia de Lille, leier van die Onafhanklike Demokrate (OD), het gister gesę sy sal nie voor die Hefer-kommissie getuig nie.
De Lille is genader om te getuig weens haar bekendmaking in 1997 van 'n lys, wat dr. Penuell Maduna, minister van justisie, ingesluit het, van vermeende spioene binne die ANC.
"Ek word nie ingesluit in die spektrum van die ondersoek van die kommissie nie en het dus niks om by te dra nie. Maduna se beweerde spioenaktiwiteite is nie die fokus van die kommissie nie, eerder die beweerde misbruik van sy posisie," het sy gesę.
Die kommissie ondersoek aantygings dat adv. Bulelani Ngcuka, nasionale direkteur van openbare vervolging, 'n spioen vir die apartheidsregering was en dat hy sy huidige pos misbruik om voormalige apartheidsleiers se belange te dien.
'n Lys van dokumente wat nodig is vir die getuienis van mnre. Mac Maharaj, oudminister van vervoer, en Mo Shaik, spesiale raadgewer van die minister van buitelandse sake, is gister voorgelę.
Die aanhoor van hul getuienis is gister op die eerste sitting tot 17 November uitgestel.
Maharaj en Shaik, wat albei in die ANC se intelligensie-afdeling gewerk het tydens die vryheidstryd, het bewerings onderskryf dat Ngcuka 'n apartheidspioen was.
Mathatha Tsedu, redakteur van die Sunday Times, sal waarskynlik moet getuig, al hou hy vol dat hy "geen antwoorde vir die kommissie het nie".
Tsedu se regsverteenwoordiger, mnr. Eric van den Berg, sal vandag hier met die oudregter Joos Hefer in gesprek tree oor Tsedu se moontlike getuienis.
Adv. John Bacon, sekretaris van die kommissie, het gesę die kommissie sal mnr. Brian Kebble, mynmagnaat, se gewilligheid om voor die kommissie te verskyn, aanvaar.
Bacon het gister bevestig dat Elias Maluleke, verslaggewer van die Sondagblad, City Press, wat eerste die berig met spioenaantygings teen Ngcuka gepubliseer het, gedagvaar sal word om te getuig.
Met erkenning aan die verslagspan en Die Burger.