Publication: Rapport Issued: Date: 2001-08-12 Reporter: Andries Cornelissen

Wapengetuie Vra Uitstel as ADS Hom Dreig

 

Publication 

Rapport

Date 2001-08-12

Reporter

Andries Cornelissen

Web link

www.rapport.co.za

 

Die eerste ``onafhanklike'' getuie in die openbare verhoor na die omstrede wapentransaksie weier om vooraf 'n afskrif van sy getuienis aan die openbare beskermer (OB) te gee omdat geen ander getuie tot dusver gevra is om dit te doen nie.

Hy het ook weens dreigemente deur 'n rolspeler in di transaksie gevra dat sy getuienis met minstens twee weke uitgestel word.

Onvriendelike prokureursbriewe is die afgelope week heen en weer tussen die regspanne van dr. Richard Young, besturende direkteur van CCII Systems, en African Defence Systems (ADS) gestuur.

Young moet Dinsdag in Pretoria getuig.

Hoewel hy reeds 'n verklaring aan die ouditeur-generaal gedoen het as deel van die forensiese ondersoek na die wapenskandaal, weier hy dat di verklaring aan die OB of die direkteur van openbare vervolging gegee word. CCII is aanvanklik deur die vloot aangewys as voorkeurverskaffer vir 'n bestuursinligtingstelsel vir vier korvette voordat 'n ``risiko-ontleding'' deur ADS glo daartoe gelei het dat CCII die kontrak ``verloor'' het.

'n Sustermaatskappy van ADS, Detexis, het die kontrak gekry.

Mnr. Shabir Shaik, broer van mnr. Chippy Shaik, hoofaankoper van die weermag, is 'n direkteur en aandeelhouer van ADS. Chippy se vrou werk ook daar.

Hoewel verskeie getuies s hy het homself aan vergaderings onttrek waarby sy broer belange sou gehad het, wys notules in die besit van die Mail&Guardian dat hy inderdaad teenwoordig was by, en deelgeneem het aan, gesprekke en besluite oor Detexis.

Vroer het verteenwoordigers van die weermag, die regering en Krygkor in die openbare verhoor getuig dat hulle nie aan hoofkontrakteurs kon voors oor wie hulle moet subkontrakteer nie.

As die hoofkontrakteurs gedwing sou word om met bepaalde maatskappye subkontrakte te sluit, sal Suid-Afrika verantwoordelik gehou kan word as sake skeef loop met die subkontrakte, is getuig.

Luidens dokumente in die besit van die Mail&Guardian is die Duitse konsortium gedwing om by 'n bepaalde subkontrakteur ratkaste te koop wat hy vroer weens tegniese oorweginge verwerp het.

ADS se prokureurs het Maandag in 'n brief aan Young gedreig met regstappe as hy sonder skriftelike toestemming van ADS en Krygkor vertroulike inligting oor bepaalde aspekte van die transaksie openbaar sou maak.

ADS waarsku ook dat hy regstappe sal doen as Young voortgaan om ``lasterlike'' en ``onware'' bewerings oor ADS te maak.

Adv. Stoffel Fourie van die OB se kantoor het op 1 Augustus in 'n brief aan Young se prokureurs ges weens sy weiering om vooraf getuienis beskikbaar te stel sodat mense wat hy impliseer hulle daarop kan voorberei, moet die OB 'n opsomming van wat die instelling dink Young gaan getuig, aan di mense verskaf.

Fourie waarsku dat Young sal moet instaan vir die risiko wat s 'n stap inhou.

Young se prokureurs het Woensdag in 'n brief aan ADS se prokureurs ges ADS het dit mis as hy aanvoer Young getuig op sy eie aandrang. Hy is al in Julie deur die OB ``genooi'' om te getuig, wat hy as 'n dagvaarding beskou.

In 'n brief aan adv. Selby "Baqwa" van die OB vra Young se prokureurs vir uitstel van ten minste twee weke sodat 'n advokaat se advies ingewin kan word.

ADS se prokureurs s daar is geen rede vir uitstel nie, onder meer omdat Young deeglik bewus is van die toestemming wat hy moet kry voordat hy vertroulike inligting openbaar maak.

Met erkenning aan Andries Cornelissen en die Rapport.