Publication: Beeld Issued: Date: 2004-07-06 Reporter: JanJan Joubert

Zuma vs Ngcuka : Die Beste Kom Nog

 

Publication 

Beeld

Date 2004-07-06

Reporter

Jan-Jan Joubert

Web Link

www.news24.com

 

Kom ons gebruik die klaarblyklike verposing in die stryd tussen adj.pres. Jacob Zuma en adv. Bulelani Ngcuka, nasionale direkteur van openbare vervolging, om bietjie bestek op te neem.

Diť stryd oor die Skerpioene se ondersoek na Zuma se beweerde betrokkenheid by korrupsie tydens die regering se wapentransaksie het reeds tot twee openbare ondersoeke, 'n verslag van die openbare beskermer en 'n duisternis gerugte aanleiding gegee - en dis net die voorwoord.

Dis genoeg om enigeen verward te laat, maar ons durf nie konsentrasie of belangstelling verloor nie, want dit gaan om meer as al die name en individue. Dit gaan om gelykheid voor die reg, oor regverdige verhoor, oor skoon regering en oor die skeiding tussen staat en regbank.

Die belangrikste is om te onthou hierdie stryd het nog nie regtig begin nie. Dit sal begin as Zuma se finansiŽle raadgewer, mnr. Schabir Shaik, later vanjaar staan voor die Durbanse streekhof.

So kom ons kyk waar staan ons.

Daar was die Hefer-kommissie, wat die land vasgenael gehou het voor die televisie, die verslag van die openbare beskermer, adv. Lawrence Mushwana, oor die klagte deur Zuma dat die Skerpioene hom onregverdig behandel, die Vadi-komitee en die gerugte dat Ngcuka vervang kan word.

Die Hefer-kommissie is aangestel om bewerings te ondersoek dat Ngcuka 'n apartheidspioen was. Diť bewerings, sů het dit in getuienis geblyk, is georkestreer deur onder andere mnre. Moe Shaik (Schabir se broer) en Mac Maharaj. Regter Joos Hefer het bevind die spioenasiebewerings kan nie bewys word nie.

Diť bewerings, deur mense met wie Zuma lang verbintenisse het, is gemaak nadat Ngcuka reeds aangekondig het Shaik gaan vervolg word. En in die klagstaat teen Shaik is bewerings oor omkopery bevat wat die einde van Zuma se politieke loopbaan kan beteken as dit korrek bewys word.

Intussen het Zuma hom gewend tot Mushwana as openbare beskermer omdat hy gemeen het sy grondwetlike regte is aangetas deur die wyse waarop Ngcuka sy ondersoek behartig het.

Mushwana se verslag aan die parlement het Ngcuka se kantoor behoorlik uitgetrap oor hulle nie met die ondersoek wou saamwerk nie, bevind Zuma se grondwetlike regte is deur Ngcuka aangetas, en dat die parlement Ngcuka tot verantwoording moet roep.

Die parlement het 'n komitee onder mnr. Ismail Vadi, ANC-LP, aangestel om die verslag te bestudeer en aanbevelings te doen. Diť komitee is in omstredenheid gedompel toe dit blyk die ANC-lede (wat in die meerderheid was) is aangestel in 'n vergadering onder voorsitterskap van niemand anders nie as Zuma.

Die Vadi-komitee se verslag (ondersteun deur alle opposisiepartye) is nogal 'n lees werd. Op die keper beskou word Ngcuka oor die kole gehaal oor sy stelling rakende die "saak teen Zuma", maar daar is geen bevinding oor Zuma se sentrale klagte dat die ondersoek teen hom gelaai is nie.

Verder het Vadi in sy terugvoer aan die parlement die stryd tussen die openbare beskermer en die NV hanteer as 'n noodwendigheid in 'n staat waar grondwetlike instellings hul staanplek moet vind, en eintlik albei oor die vingers getik met die instruksie dat hulle hul geskille moet bylÍ.

Terwyl diť dinge aan die gang is, doen gerugte die ronde dat Ngcuka uitgedwing gaan word uit sy pos.

Die naam van mnr. Ngoako Ramatlhodi, vorige premier van Limpopo, word as opvolger genoem, maar tot dusver lyk dit na net nůg 'n gerug teen Ngcuka.

As al bogenoemde pogings was om Ngcuka se posisie te verswak, het dit nie baie goed gewerk nie, en die wyse waarop die NV veral in die parlementÍre portefeuljekomitee oor justisie, maar ook veel hoŽr op in die politieke hiŽrargie, ondersteun word, moet Zuma wakker slaap.

Die Schabir Shaik-verhoor is al 'n paar keer uitgestel, maar sal waarskynlik in Oktober begin. Die verwagting is dat Shaik sal aanvoer die klopjag wat die meeste inligting opgelewer het waarop die klagstaat teen hom berus, was onwettig.

Die Skerpioene het die afgelope paar maande goeie oefening gehad in hoe om met diť tipe verweer te hanteer en Shaik sal sy keer moet ken. Gaan die saak voort, sal Zuma ook moet bontstaan.

Tot dusver lyk dit dus asof die regsproses voortgaan sonder staatsingryping, asof gelykheid voor die hof geld en asof 'n mens se reg op 'n regverdige verhoor gerespekteer word. Maar die ware toets wag in die Durbanse streekhof. Smeer vet, Suid-Afrika, hier kom 'n riller!

Met erkenning aan Jan-Jan Joubert en die Beeld.