Publication: Die Burger Issued: Date: 2004-06-23 Reporter: Liela Magnus

Adjunk-Vervolger 'Het nie Geweet hy Verbreek Borgtogvoorwaardes met SMS'e'

 

Publication 

Die Burger

Date 2004-06-23

Reporter

Liela Magnus

Web Link

www.news24.com

 

Pretoria - Die adjunkdirekteur van openbare vervolging in die nasionale vervolgingsgesag se direktoraat spesiale ondersoeke beweer hy het nie geweet hy verbreek sy borgtogvoorwaardes deur SMS'e aan 'n huisvriend te stuur nie.

Adv. Cornwell Tshavhungwa is Vrydag in hegtenis geneem omdat hy na bewering sy borgtogvoorwaardes verbreek het deur SMS-boodskappe aan mnr. Ernst Khosa, uitvoerende direkteur van die Mpumalanga Economic Empowerment Corporation, te stuur.

Een van Tshavhungwa se borgtogvoorwaardes was dat hy geen kontak met werknemers van Meec, behalwe sy vrou en sy broer, mag hÍ nie.

Khosa was nie op die voorlopige lys staatsgetuies nie.

Tshavhungwa het gister in die Pretoriase handelshof gesÍ hy het Khosa nie as werknemer beskou nie, maar as werkgewer. "Hy is die een wat mense aanstel en afdank."

Tshavhungwa staan tereg op aanklagte van bedrog en korrupsie. Hy is sowat twee weke gelede op borgtog van R100 000 vrygelaat, maar het gister opnuut om borgtog aansoek gedoen.

Tshavhungwa het vier SMS-boodskappe gestuur. Een boodskap lui: "Chief, what's happening? I thought we could meet to discuss." Nog een lui: "To be frank, I feel rejected, I feel left out. I've been through rough times lately. It's unfortunate it brought about a nosedive in our relations. Thanks."

Mnr. Wayne Malgas, hoofondersoeker van die kantoor van die Skerpioene, het gesÍ die boodskappe en 'n telefoonoproep het Khosa "ontsenu". Malgas het Khosa as 'n sleutelgetuie beskryf.

Malgas het in kruisverhoor deur mnr. Roger Glover, Tshavhungwa se regsverteenwoordiger, gesÍ hy het nie geweet dat Khosa self ook met Tshavhungwa kontak gemaak het nie.

Volgens Tshavhungwa het die SMS-boodskappe oor sy broer se kontrak gehandel wat nie hernu is nie.

Tshavhungwa sal vandag hoor of hy weer op borgtog vrygelaat gaan word.

Met erkenning aan Liela Magnus en Die Burger.