Publication: Beeld Issued: Date: 2004-05-05 Reporter: Jorisna Bonthys

Hof Behou sy Uitspraak Voor in Wapensaak

 

Publication 

Beeld

Date 2004-05-05

Reporter

Jorisna Bonthuys

Web Link

www.news24.com

 

Kaapstad. - Uitspraak is voorbehou in die appèl- aansoek van Economists Allied for Arms Reduction (Ecaar) wat verband hou met pogings om die regering se hele wapen transaksie nietig te laat verklaar.

Ecaar se aansoek hieroor het onlangs misluk, waarna dié drukgroep appèl teen die beslissing aangeteken het.

Die Kaapse hooggeregshof het in Maart Ecaar se aansoek oorweeg waarin hy wou hê dat 'n vorige hofbevel wat die minister van finansies goedkeuring gegee het om leningsooreenkomste vir die omstrede wapentransaksie te onderteken, hersien en tersyde gestel word.

Regters André Blignault en James Yekiso het dié aansoek met koste van die hand gewys.

Indien dié aansoek geslaag het, kon die regering se multi-miljardrand-wapentransaksies gekanselleer word.

Suid-Afrika het sowat R31,2 miljard van Europese lande en banke vir die transaksie geleen.

Ecaar en mnr. Terry Crawford-Browne het in die aansoek gesê die regering kon dié geld geleen het om die lewenspeil van miljoene Suid- Afrikaners te verhoog, pleks daarvan om "onnodige" wapens aan te koop.

Met erkenning aan Jorisna Bonthuys en Beeld.