Publication: Rapport Issued: Date: 2001-08-19 Reporter: Andries Cornelissen

Geheime Kortwiek Getuie in Wapenskandaal

 

Publication 

Rapport

Date 2001-08-19

Reporter

Andries Cornelissen

Web link

www.rapport.co.za

 

Die eerste onafhanklike getuie in die wapenskandaal kan nie sy hele storie in die openbare verhoor vertel nie, omdat van diť inligting glo kom uit geheime dokumente wat hy nie in sy besit mag hÍ nie.

Dr. Richard Young, besturende direkteur van CCII Systems, sal diť inligting aan die ouditeur-generaal se ondersoekspan beskikbaar stel.

Hoewel hy sowat twee maande gelede 'n verklaring aan diť span gedoen het, het nuwe inligting tot sy beskikking gekom waaroor hy diť span nou wil inlig.

Young se maatskappy het in 1998 'n kontrak van sowat R43 miljoen verloor nadat hy deur die vloot as voorkeurverskaffer aangewys is vir 'n bestuursinligtingstelsel vir vier korvette.

NŠ 'n risiko-ontleding deur African Defence Systems (ADS) is die kontrak toegeken aan Detexis, 'n sustermaatskappy van ADS.

Mnr. Chippy Shaik, hoofaankoper van die weermag, se broer, Shabir, is 'n direkteur van ADS en Chippy se vrou werk daar.

Adv. Selby "Baqwa", openbare beskermer (OB), het gesÍ Young moet teen Vrydag toestemming van mnr. Mosiua Lekota, minister van verdediging, vra om te kan getuig, want dit sal hom van vervolging vrywaar.

Om dit te doen, moet Young sy getuienis of 'n ``redelike opsomming'' daarvan aan Lekota gee.

Hy het tot dusver geweier om dit te doen.

Lekota moet dan teen Dinsdag antwoord.

Volgens Rapport se inligting het Young Vrydag byna sy volledige getuienis van tussen 60 en 80 bladsye aan Lekota gegee.

Dit het Young Dinsdag R50 000 gekos om sy regspan na Pretoria te bring net om te argumenteer oor die uitstel van sy getuienis.

Hy gaan nie rus voordat hy vergoed is vir die verlies van die kontrak nie. Siviele eise van R100 miljoen tot R200 miljoen word genoem.

Intussen het dr. Gavin Woods, voorsitter van die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor), gesÍ volgens mnr. Shauket Fakie, ouditeur-generaal, behoort die finale verslag oor die wapenondersoek teen einde volgende maand klaar te wees.

Me. Patricia de Lille, PAC-LP en een van die eerste persone wat beweer het daar was ongerymdhede in die wapentransaksie, sÍ een van die vrae wat beantwoord moet word, is of die spesiale ondersoekeenheid nou deel van die ondersoek moet wees omdat adv. Willem Heath nie meer aan die hoof daarvan is nie.

Dit sal ook die vraag beantwoord of diť eenheid deur pres. Thabo Mbeki uitgesluit is van die ondersoek weens Heath of om ander redes, sÍ sy.

Met erkenning aan Andries Cornelissen en die Rapport.