Publication: Rapport Issued: Date: 2003-09-21 Reporter:

Ngcuka-Ondersoek

 

Publication 

Rapport

Date

2003-09-21

Reporter

Perspektief

Web Link

www.rapport.co.za

 

Dit was n ou struggle-taktiek om mense as spioene vir die apartheidsregering te brandmerk, dikwels op die skraalste bewyse en dikwels met tragiese gevolge.

Min of meer dit wat nou gebeur met adv. Bulelani Ngcuka, nasionale direkteur van openbare vervolging en hoof van die Skerpioene. Senior ANC-figure beweer Ngcuka is in die jare tagtig deur die ANC ondersoek as n moontlike spioen vir die vorige regering.

Die gevolge van di soort beskuldiging is nie veel minder tragies as in die jare vr die demokrasie nie. Nie net word n klimaat van wantroue geskep nie, maar dit maak ook iemand soos Ngcuka en die werksaamhede van sy eenheid kwesbaar.

Daarom word dit verwelkom dat die regering n regterlike kommissie aangewys het om die bewerings te ondersoek. Ten minste word iets nou gedoen aan di sage waarvan die verlammende uitwerking toenemend gevoel word. Handel die ondersoek vinnig af en maak al die bevindings openbaar.

Dit sal hopelik n einde maak aan die agterdog en karaktermoord wat tans aan die gang is. Laat koppe waai as dit moet, insluitende di van magshebbers wat mense in sleutelposte aangestel het wetende dat n wolk oor hul verlede hang.

Met erkenning aan die Rapport.