Publication: Beeld Issued: Date: 2004-05-16 Reporter: Carel van Dyk Reporter: Sapa

SAS Outeniqua te Duur; 'Tree Af'

 

Publication 

Beeld

Date

2004-05-16

Reporter

Carel van Dyk, Sapa

Web Link

www.news24.com

 

Kaapstad. - Die Suid-Afrikaanse vloot se voorradeskip die SAS Outeniqua gaan "aftree".

Die vloot het Sondag bevestig die Outeniqua word ná 12 jaar op see aan diens onttrek.

Volgens kdr. Brian Stockton, vlootwoordvoerder, word die vaartuig einde Julie buite diens gestel. Dit word dan aan Krygkor oorhandig, wat dit sal verkoop.

"Die skip is baie duur om te bedryf en pas nie meer by die toekomsplanne van die vloot in nie.

"Vir 'n vloot die grootte wat die land het, is een aanvullingsvaartuig genoeg en ons het steeds die SAS Drakensberg," het Stockton bygevoeg.

Met erkenning aan Carel van Dyk, Sapa en Beeld.