Publication: Die Burger Issued: Date: 2004-06-09 Reporter: Willem Jordaan

Zuma en Ngcuka se Twis Skaad Šl Meer Instellings

 

Publication 

Die Burger

Date 2004-06-09

Reporter

Willem Jordaan

Web Link

www.news24.co.za

 

Die vuiste het verlede week weer behoorlik geklap in die bloedigste politieke kroeggeveg wat die ANC die afgelope tien jaar beleef het.

Diť slag was dit die openbare beskermer, adv. Lawrence Mushwana, en die direkteur van openbare vervolging en nou al 'n ou bekende in diť geveg, adv. Bulelani Ngcuka, wat mekaar getakel het.

Mushwana, die waghond wat klagtes van magsmisbruik teen staatsamptenare moet ondersoek, het die eerste hou geplant toe hy gesÍ het Ngcuka het adj.pres. Jacob Zuma onregverdig en onvanpas behandel. In sy verslag het Mushwana bevind dat Zuma se menseregte geskend is deur Ngcuka-hulle se ondersoek na beweerde korrupsie met die regering se groot wapentransaksie.

Ngcuka slaan toe hard terug en trek die OB se integriteit in twyfel.

Die fut van dr. Penuell Maduna, wat al stil-stil van die toneel weggesluip het nadat hy aangedui het die ANC-kroeggeveg het hom vuisvoos gelaat, is oŽnskynlik nou terug. Ook hy het van die kant af 'n opstopper ingekry en Mushwana moes deurloop onder houe soos "ruggraatloos" en "leuenaar".

Intussen het die parlement die taak gekry om vas te stel wat nou eintlik gebeur het en wat in die verslag steek. 'n Veelpartykomitee onder mnr. Ismail Vadi, 'n ANC-LP, is aangestel met die wye mandaat om kommentaar te lewer op en aanbevelings te doen oor Mushwana se verslag.

Dit is opmerklik hoe wyd die mandaat is wat geen beperkings of voorskrifte stel oor hoe diep gedelf moet word in die geskiedenis van die kroeggeveg waarvan Mushwana se verslag maar net die jongste neweproduk is nie.

DŪt kan beteken dat Vadi se komitee die gevaar loop om soos 'n haas in die ligte van 'n aankomende motor vasgevang te word.

Want hoe moet 'n (ANC-beheerde) veelpartykomitee van 17 lede voor 25 Junie iets wys word uit die politieke toneel wat besaai lÍ met die chaos van 'n geveg wat reeds 'n jaar lank rondom die magtigste kern van die ANC woed?

En selfs al sÍ die komitee, wanneer hy vandag die eerste keer vergader, veiligheidshalwe dat hy bloot die Mushwana-verslag moet oorweeg, kan daar min twyfel wees dat diť verslag maar net een element van Zuma se politieke oorlewingstryd is.

Diť stryd het begin toe Ngcuka verlede jaar gesÍ het daar is rede om die adjunkpresident van korrupsie te verdink. Zuma het agterna by die openbare beskermer gaan kla en vandaar het die geveg 'n eie momentum ontwikkel wat dit by tye onmoontlik gemaak het om te sien wie nou eintlik aan wie se kant baklei.

Een rede hiervoor is die broeiende spanning in die ANC rondom die identifisering van 'n opvolger vir pres. Thabo Mbeki. Die geveg tussen Zuma en Ngcuka (ťn nou Mushwana) is 'n regstreekse uitvloeisel van diť spanning waarin jou vriend en jou vyand bepaal word deur die doelwitte wat jy nastreef.

Die groeiende bundel teorieŽ oor wat nou eintlik aan die gang is, lees reeds soos 'n Who's Who van die magtigste figure en instellings in die land, en vir feitlik elke teorie is daar 'n teenteorie uit oorde van wisselende geloofwaardigheid.

Intussen word feite en fiksie opgeklits in 'n mengsel waarin waarheid, waansin en samesweringsteorie moeilik onderskeibaar is.

In Mbeki se laaste termyn is dit te wagte dat daar 'n leierskapstryd binne die ANC sal ontwikkel - dit kan kwalik anders.

Die vermenigvuldiging van samesweringsteorieŽ en die gepaardgaande verwarring skep egter nou 'n politieke atmosfeer wat deurdrenk is met wantroue, suspisie en paranoia waarin die demokrasie kwalik kan gedy.

Om sake te vererger is 'n groter wordende versameling instellings soos die presidensie, kabinet, vervolgingsgesag, 'n waghond soos die openbare beskermer en nou ook die parlement by die onverkwiklike stryd betrek.

Die Vadi-komitee se bevindings en aanbevelings, wat dit ook al uiteindelik mag wees, sal op sigself nie 'n einde hieraan kan maak nie. Die bevinding gaan eerder oor 'n korttermynwins of -verlies vir Zuma.

Zuma is desperaat om sy politieke toekoms te red, en terselfdertyd het hy ook duidelik sy visier op die presidensie. As Ngcuka nou deur die parlement op die vingers getik word, wen hy straks 'n bietjie verlore aansien terug.

Maar baie water moet nog in die see loop voordat diť geveg besleg is. Die volgende ronde volg waarskynlik in die aanloop tot die korrupsieverhoor van mnr. Schabir Shaik, Zuma se finansiŽle raadgewer, wat vir Oktober beplan word.

Die belangrikheid van die komitee se besluit lÍ veel eerder daarin dat die aansien van talle regeringsinstellings al misbruik is en skade gely het weens die ANC se ergste binnegeveg.

Dieselfde mag nie met die parlement gebeur nie en daarom sal die komitee hopelik met deursigtigheid optree en sy verrigtinge in die openbaar bedryf.

Met erkenning aan Willem Jordaan en Die Burger.