Publication: Die Burger Issued: Date: 2004-06-26 Reporter: JanJan Joubert

Ngcuka en Mushwana Moet Ding Uitpraat, sÍ Vadi-Verslag

 

Publication 

Die Burger

Date 2004-06-26

Reporter

Jan-Jan Joubert

Web Link

www.news24.com

 

Kaapstad - Die openbare beskermer, adv. Lawrence Mushwana, en die direkteur van openbare vervolging, adv. Bulelani Ngcuka, moet samesprekings voer om die strydbyl te begrawe.

DŪt is van die aanbevelings van die Vadi-komitee wat die uitval ondersoek het tussen diť twee instellings na aanleiding van adj.pres. Jacob Zuma se beweerde betrokkenheid by korrupsie in die regering se wapentransaksie.

Die verslag is gister eenparig deur die Nasionale Vergadering aanvaar, nadat die besware van die DA, IVP, UDM en OD dat Ngcuka nie die kans gehad het om sy saak te stel nie, daarin vervat is.

Me. Raenette Taljaard, DA, het 'n verband probeer aantoon met ander aspekte van Zuma se gedrag oor die wapentransaksie, maar die speaker, me. Baleka Mbete, het haar gevra om dit te staak.

Die parlement het deur sy aanvaarding van die verslag sy ontevredenheid uitgespreek dat Mushwana, Ngcuka en hul kantore mekaar so in die hare vlieg.

Mnr. Andries Nel, die ANC se adjunk-hoofsweep, het op die nippertjie 'n paragraaf laat invoeg dat die parlement die kwessie as afgehandel beskou.

Met sprekers van verskeie opposisiepartye wat hul ontevredenheid laat blyk het dat Ngcuka se versoek om getuienis voor die komitee te lewer afgewys is, het die LP's mnre. Ismail Vadi en Richard Baloyi gesÍ dit was nie die komitee se werk om die verslag te herondersoek nie, maar om te sien hoe die aanbevelings beslag kon kry.

Die verslag beveel geen strafmaatreŽls teen enigeen aan nie, maar vra dat die minister van justisie, me. Brigitte Mabandla, 'n geleentheid skep vir samesprekings tussen Ngcuka en Mushwana.

Mushwana wou hom gister by navraag nie uitlaat oor hoe die parlement sy verslag gehanteer het nie. Hy is bereid tot 'n ontmoeting met Ngcuka. "Ek weet nie waar die vyandigheid vandaan kom nie. Dit kom nie van my kant af nie," het hy gesÍ. Ngcuka se woordvoerder, mnr. Sipho Ngwema, het gesÍ hulle het geen verdere kommentaar nie.

Met erkenning aan Jan-Jan Joubert en Die Burger.