Publication: Die Burger Issued: Date: 2004-06-11 Reporter: JanJan Joubert

Vadi-Komitee 'Wil Ngcuka nie Nou Spreek'

 

Publication 

Die Burger

Date 2004-06-11

Reporter

Willem Jordaan

Web Link

www.news24.co.za

 

Kaapstad - 'n Aandrang van adv. Bulelani Ngcuka om voor die Vadi-komitee te reageer op die bevindings van die openbare beskermer (OB) teen hom, gaan voorlopig afgewys word.

Ngcuka, die nasionale direkteur van openbare vervolging, het Woensdag aan diť parlementÍre komitee geskryf en gesÍ dit is noodsaaklik dat hy reageer op die bevinding van die OB, adv. Lawrence Mushwana, dat Ngcuka en sy kantoor op 'n "onvanpaste en onregverdige" manier teenoor adj.pres. Jacob Zuma opgetree het en in die proses sy menseregte geskend het.

Ngcuka gee dan 'n uiteensetting van sy besige program aan diť komitee wat moet besluit hoe hy tot verantwoording geroep moet word. Hy stel die komitee ook in kennis dat hy weens sy eie besige program twyfel of die komitee sy bedrywighede voor die parlement se sperdatum van 25 Junie sal kan afhandel.

Die komitee onder leiding van mnr. Ismail Vadi, ANC-LP, het egter besluit om Ngcuka se aandrang die rug toe te keer en hom "diplomaties" te laat weet dat die komitee eers die OB-verslag wil oorweeg voor hy besluit of dit nodig is om enigiemand te roep.

Voortslepende spanning tussen Ngcuka en Mushwana blyk ook uit die vervolger se brief.

Volgens hom het hy die OB genader om die dokumente te bekom op grond waarvan hy sy bevindings gemaak het, maar die OB "weier" hom glo toegang.

"(Daarom) mag dit ons noodsaak om die komitee se hulp te vra om die dokumentasie te bekom," lui die brief.

Diť brief is gister eers teen die einde van die vuurwarm komiteevergadering aan lede versprei, maar die kwessie oor hoeveel agtergrondsgetuienis en hoeveel dokumentasie die komitee moet aanvra, was van meet af aan 'n twisappel tussen die ANC-meerderheid en die meeste opposisielede.

Die ANC-standpunt was dat die komitee se taak is om die verslag deur te werk en dan die bevinding - dat Ngcuka tot verantwoording geroep moet word - na goeddunke uit te voer.

Die NNP het hom hieroor by die ANC geskaar.

Daarteenoor meen die DA, UDM en OD - oŽnskynlik ook soos Ngcuka - dat die komitee se taak wyer strek en dat die dokumente wat Mushwana gebruik het om tot sy gevolgtrekking te kom, ook bestudeer moet word.

Dokumente wat die DA en ander opposisiepartye meen voor die komitee moet dien, sluit in die Skerpioene se destydse vrae aan Zuma wat aan die media uitgelek is, korrespondensie tussen Zuma en dr. Frene Ginwala, die voormalige speaker, asook volledige persverklarings van Ngcuka.

Die ANC het die opposisiepartye op elkeen van diť punte teengestaan en gesÍ die inhoud van die verslag moet bloot oorweeg word.

Met erkenning aan Willem Jordaan en Die Burger.