Publication: Die Burger Issued: Date: 2004-03-08 Reporter:

Wapenpakket

 

Publication 

Die Burger

Date 2004-03-08

Web Link

www.news24.com/Die_Burger/

 

Die uitspraak van die hooggeregshof dat daar niks verkeerd was met die regering se besluit om 'n strategiese wapenpakket vir die weermag goed te keur nie, moet verwelkom word. In beginsel kan die weermag nou ongehinderd voortgaan om die wapens in ontvangs te neem.

Daar kan geen twyfel wees dat die land die wapenpakket wel nodig het nie. Indien Suid-Afrika wel 'n weermag nodig het (en dit lyk of 'n nasionale konsensus hieroor bestaan), vloei dit logies daaruit voort dat diť weermag goed toegerus moet wees. As die weermag in staat gestel moet word om byvoorbeeld met die stabilisering van Afrika te help deur aan vredesoperasies deel te neem, kan hy nie sonder die wapenpakket klaarkom nie.

Om die waarheid te sÍ, die pakket dek nie eens die minimum wat nodig is nie, want belangrike leemtes bestaan steeds. Die lugmag het 'n groter strategiese lugvervoervermoŽ nodig, asook 'n beter maritieme patrollievermoŽ. Die leŽr moet nuwe tenks en 'n vervanging van die Ratel-infanterie-gevegsvoertuie kry.

En dan, ofskoon die vloot se mees onmiddellike behoeftes met die aanskaf van die korvette en duikbote bevredig is, benodig hy in die lig van die SANW se deelname aan vredesoperasies ook 'n troepedraer of twee met die vermoŽ om soldate hetsy amfibies of per helikopter aan wal te bring.

Die organisasie wat die wapenpakket in die hof beveg het, het aangedui dat hy moontlik teen die uitspraak gaan appelleer. Daarmee bewys hy die land geen diens nie.

Indien die hof die transaksie onwettig verklaar, sal dit 'n geweldige chaos afgee. Twee korvette is reeds afgelewer, die derde kom in Mei en die laaste een voor die einde van die jaar. Die lugmag het reeds die eerste vliegtuig in ontvangs geneem.

Sake het te ver gevorder om dit nou om te keer. Die organisasie moet eerder daarin berus.

Met erkenning aan Die Burger.