Publication: Beeld Issued: Date: 2004-03-18 Reporter: Sonja Carstens

Yengeni se Vrou 'n ANC-Kandidaat

 

Publication 

Beeld

Date 2004-03-18

Reporter

Sonja Carstens

Web Link

www.news24.com/Die_Burger/

 

Mev. Lumka Yengeni, vrou van mnr. Tony Yengeni, voormalige hoofsweep van die ANC, verskyn op die ANC se nasionale kandidaatlys.

Luidens dié party se webblad is daar gesorg dat 'n derde van hul kandidate vroue is om te verseker dat vroue hul regmatige plek in die politiek inneem.

Mev. Yengeni was deurentyd aan haar man se sy toe hy in Maart verlede jaar in die Pretoriase handelshof tot vier jaar tronkstraf gevonnis is omdat hy die parlement mislei het oor voordele wat hy uit die wapentransaksies bekom het.

Mnr. Yengeni het geappelleer omdat hy meen landdros Bill Moyses het nie in ag geneem nie dat hy skuldig bevind is aan "minder ernstige bedrog".

Sy appèl word op 12 Mei in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor.

Met erkenning aan Sonja Carstens en Beeld.