Publication: Die Burger Date: 2005-11-05 Reporter: Adriaan Basson Reporter: Dries Liebenberg

Frankryk Wil Saak teen Firma in SA Keer

 

Publication 

Die Burger

Date

2005-11-05

Reporter

Adriaan Basson,
Dries Liebenberg

Web Link

www.news24.com

 

Die Franse regering het met skok gereageer op die besluit van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) om die Franse wapenfirma Thales se Suid-Afrikaanse filiaal (Thint) saam met mnr. Jacob Zuma van korrupsie aan te kla.

Thint se prokureur het gister ná die NVG se aankondiging gesê die Franse departement van justisie en Thales is ontsteld oor die besluit om Thint Holdings en Thint (Edms.) Bpk. te vervolg. Hulle gaan beslis 'n hofaansoek indien om dié aanklagte nietig te verklaar.

Thales was voorheen 'n staatsonderneming, maar die Franse regering is nou slegs 'n minderheidsaandeelhouer *1 in dié internasionale wapenmaatskappy.

Die NVG het in 'n dramatiese ommeswaai van sy besluit verlede jaar om Thint nié saam met Schabir Shaik aan te kla nie, aangekondig mnr. Pierre Moynot, huidige hoof van Thint, moet as verteenwoordiger van dié maatskappye op 31 Julie volgende jaar saam met Zuma in die beskuldigdebank staan as hulle van korrupsie aangekla word.

Terwyl regskenners die NVG se besluit geloof het om die derde party in die beweerde omkopery van Zuma ook te vervolg, het mnr. Ajay Sooklal, Thint se prokureur, dit in geen onduidelike terme nie gestel dat die NVG nou glo terugkrabbel *2 op sy ooreenkoms met Thint verlede jaar om dié wapenreus nie te vervolg nie.

Die NVG het regter Hilary Squires voor die begin van die Shaik-verhoor versoek om die aanklagte teen Thint terug te trek ná 'n ooreenkoms tussen adv. Bulelani Ngcuka, voormalige direkteur van openbare vervolging, en Thint se regspan. Dit het behels dat mnr. Alain Thétard, voormalige hoof van Thint, 'n beëdigde verklaring sou aflê waarin hy erken dat hy die outeur was van die nou berugte Franse omkoopfaks wat Zuma direk by omkopery betrek.

Luidens die faks het Zuma ingestem om omkoopgeld van R500 000 per jaar te ontvang in ruil vir beskerming vir Thint teen 'n wapenondersoek en vir die bevordering van sy belange in Suid-Afrika.

'n Paar maande nadat Thétard sy outeurskap erken het, het hy egter in 'n tweede beëdigde verklaring ontken dat dit op 'n omkoopooreenkoms dui. 'n Handgeskrewe nota wat glo getik en na Frankryk gefaks moes word, was volgens Thétard slegs losstaande notas wat hy later weggegooi het *3.

Volgens Sooklal het die NVG se besluit om die aanklagte teen Thint in die Shaik saak terug te trek op 'n gegewe stel feite berus wat nie sedertdien verander het nie.

"Die NVG het geweet van Thétard se tweede verklaring toe die aanklagte in Oktober verlede jaar teruggetrek is. Ons het nie oor die ooreenkoms teruggekrabbel nie," het Sooklal gesê.

Mnr. Johan du Plooy, ondersoekbeampte van die Skerpioene, het in Augustus vanjaar in 'n beëdigde verklaring met 'n aansoek om deursoekingslasbriewe gesê die vroeëre besluit om aanklagte terug te trek het slegs op die ooreenkoms met Ngcuka berus en nie die meriete van die saak nie.

'n Voorlopige akte van beskuldiging van sowat 90 bladsye is gister aan Zuma en Thint se regspanne beskikbaar gestel. Mnr. Michael Hulley, Zuma se prokureur, het gesê hulle sal die naweek daardeur werk en volgende week kommentaar lewer.

With acknowledgements to Adriaan Basson, Dries Liebenberg and Die Burger.



*1  At 30% and a declared strategic supplier of the French Government, a very significant minority shareholder indeed.

*2  terugkrabbel =
backtracking

This is really rich after Alain Thetard double backward somersault following his deal with the Two Ronnies Imbongolo.

*3  Proved beyond all reasonable doubt by factual witness, forensic analysis and expert witness to be imbongolo manure (possibly Imbongolo's manure or even Imbongolos' manure).

Thetard's and Thint's conduct was a cruel and cynical attempt to take advantage of the cute, but naive Imbongolo.

If he were to come back to face the music in Durban, he would not only be standing in for poor old Pierre Moynot, but could find himself facing charges under the
Prevention of Cruelty Act. That's apart from being on the list of Accused as a natural person (rather than juristic person) for both corruption and perjury.

It's now time to best those uppity jurisprudents *4 across the Caledon River *5.

*4  noun
A public official who decides cases brought before a court of law in order to administer justice: judge, jurist, justice, justice of the peace, magistrate.

*5   Odious Debts
... 2002, the former head of the Lesotho Highlands Water Project, Masupha Sole............................
http://www.odiousdebts.org/odiousdebts/index.cfm?DSP=subcontent&AreaID=157